Wat het sy, wat ek nie het?
En hoe het sy, jou hart gewen?
Ek wens ek kon, dit als verstaan.
Want hoe neem 'n mens afskeid as jy nie wil gaan?
En ek het jou steeds nodig.
Het jy nie ook vir my?
Van wat het jy gaan wegvlug, toe jy iemand anders kry?
Jakkals trou met wolf se vrou, en jy breek my hart alweer maar ek onthou.
Toe jy jou arms om my vou, ek mis jou nou.
En ek wens ek kon jou vashou.
Maar jakkals trou met wolf se vrou.
Ek weet sy's nie, vir jou bedoel.
Hoe kon jy, vir haar dit voel?
Ek praat jou taal.
Ek volg jou spoor.
Maar al skreeu ek my hart uit, sal jy my nie hoor.
En ek het jou steeds nodig, het jy nie dalk vir my?
Het jy van my gaan wegvlug, toe jy iemand anders kry?
Jakkals trou met wolf se vrou.
En jy breek weg dalk weer maar ek onthou.
Toe jy jou arms om my vou, ek mis jou nou.
En ek wens ek kon jou vashou.
Maar jakkals trou nie, met my, meer nie.
Kyk hier, kom die reën.
Voel jy, niks meer, vir my nie?
Jakkals trou met wolf se vrou.
En jy breek my hart alweer, maar ek onthou.
Toe jy jou arms om my vou, ek mis jou nou.
En ek wens ek kon jou vashou.
Maar jakkals trou met wolf se vrou.
En jy breek my hart alweer, maar ek onthou.
Toe jy jou arms om my vou, ek mis jou nou.
En ek wens ek kon jou vashou.
Maar jakkals trou met wolf se vrou.
----